|
Linde van Zyl testimonial |
|
|
|
|
Ek het by twee geleenthede van Velvet Motion Duo gebruik gemaak tydens twee baie uiteenlopende funksies. Die een was my verjaarsdag in 'n vyfster hotel in Johannesburg, die ander met die viering van 'n negentigste verjaardag. Beide kere was hulle baie professioneel, goed voorberei en sprankelend. Dit was vir my opvallend hoe goed hulle hulle instrumente, musiek en sang aangepas het by die gaste. Hulle het 'n wesenlike bydrae tot die geleentheid gelewer en bygedra tot die sukses van die onderskeie funksies. Ek kan hulle ten sterkste aanbeveel. Lindè van Zyl
|